The Review Challenge: Buff & Fellow

The Review Challenge: Buff & Fellow

Buff & Fellow. Hierdie lieflike eco-plaas in die GARDENROUTE, het gesorg vir GROOT Vadersdag bederf en ‘n  besonderse ervaring vir ons hele gesin!

Die eco-vriendelike familiewooneenheid  waarin ons  geboek was, is vindingryk gebou uit deels vraghouers, stene, sement en glas. Geleë op die banke van ‘n dam met glinsterwater, spreek die atmosfeer van salige vrede! Net wat ons gesin nodig gehad het!

Met die instapslag was ons aangenaam verras deur die innoverende gebruik van spasie en byderwetse dekor. Sorg is geneem om om te sien na die kleinste behoeftes van gaste soos ‘n  “snoep-eenheid”  gevul met alles van tuisgemaakte konfyte,plaaslike wyne en ekstra vuuraanstekers. Hierdie eenheid werk op ‘n eerlikheidsprinsiep en gaste voeg self die bedrag vir items gebruik in ‘ eerlikheidsfkles”. Hierdie praktyk het my laat terugdink aan die dae toe gasvryheid nog veilig en aan die orde van die dag was!

Al is die dekor-styl hoogs modern kry Buff&Fellow dit reg om oud met nuut te verweef deur ‘n verskeidenheid op-die-plaas –aktiwiteite ( die meeste ingesluit by die daaglikse tarief) aan te bied, soos die rooi miniatuur plaasskuur waar werfhoenders hul tuis maak en gaste gratis eiers kan uithaal vir  ‘n gesonde  plaasontbyt  gegeur met kruie wat gepluk kan word uit die kruietuin. 

Die hoogtepunt van ons besoek was om te ontspan in die klein warm plonsbad  op die stoep terwyl ons ons verwonder aan die skouspelagtige winters-sterrehemel! Vir ‘n wyle vergeet ‘n mens van koudkry! Die water word ook ekonomies vervarm deur hout en kole soos die ou “donkie -metode” wat bekend sal wees aan die van ons graag naby aan die natuur  kamp,stap of gereeld op die plaas oorbly .

‘n Mens besef gou dat die skep van hierdie eko-plaas ‘n droom was wat nie sonder bloedsweet en klippe kou, werklikheid geword het nie! Buff&Fellow is geleë tussen George en Groot Brakrivier, ‘n klipgooi van ons huis. Soms hoef ‘n mens se ontdekkingsreis nie verder te gaan as jou plaaslike omgewing om ongelooflike plekke te ontdek nie.